skip to Main Content

Die Regte Tapyt ?

Teen die agtergrond as eienaar van die welbekende Cannon Carpets met veertig jaar se ervaring en blootstelling in die bedryf van tapyte installeer en skoonmaak word ek by kere gevra, as ek sou n mat keuse moes maak vir myself, waarna sou ek kyk.

Ek dink my keuse sou draai om wol produkte , en wel vir n verskeidenheid van redes, Suiwer woltapyte is in my boekie die voorlopers, as dit kom by warmte, algehele vertoon na jare se gebruik , reuk, behoud, waarde vir geld, maklike instandhouding.

Sommige wol tapyte oorskry by verre die lewensverwagting van die Fabrikant , en het
baie keer kliente van Cannon Carpet Care hoor se, kan jy onthou, my eerste kind was
net gebore, toe ons haar kamer mooigemaak het, ‘” sy is nou klaar met Universteit” en
ons wil vir ons aftrede die huis oordoen. – nie omdat die matte “afgesloof lyk nie, dis
net ons weet hoe oud dit is.
Hierdie geselsies, en ervaring van my loopbaan in die vloerbedryf, het my n nuwe blik
gegee op die “ waarde vir geld” spreekwoord., en die aanbeveling van die regte
produk vir die regte plek.
Wol het net eienskappe wat die sintetiese produkte soos nylon akriel, en polipropileen
nie mee vergelyk nie. Van die einskappe wat uitstaan is.
Die natuurlike veerkragtigheid van die wolvesel gee aan die tapyt n elastisiteit en
sterkte wat die aanhoudende verkeer of die druk van meubels maklik deurstaan.
Wol tapyte behou die natuurlike kleurstof beter en verbleik feitlik nooit nie. Hierdie is
n voorgeskrewe standaard sodat die Wolmerk aan die produk toegestaan kan word.
Enige tapyt word allerdaags blootgestel aan glipsies wat vlekke of merke kan nalaat.
Woltapyte is gelukkig van nature waterwerend en weerstaan vloeistofmerke makliker.
Die gebruik van 1 liter warm water1 eetlepel seeppoeier en 1 eetlepel wit asyn speel
gou klaar met enige ongelukkies, en is daar gewoonlik nie skade nie.
Sommige produkte het vooraf weefsel beskerming gekry – soos MasterGard of Scotch
Guard. Indien onseker kan Cannon Carpet Care die nodige toetse verrig of vir verdere
gemoedsrus die aanwending doen.Gratis kwotasie op versoek.Hierdie is n wonderlike
uitvindsel , en vergemaklik die lewe van die huisbewoner, want meeste “glipsies” kan
feitlik net met n skoon kladlapie afgevee word.
Belangrikom te weet is dat wol n natuurlike einskap het,wat veroorsaak dat dit
brandtraag is, die voordeel vir die klient dat matte nie aan die brand raak nie, maar
doodmoor .. so n vuurhoutjie of sigarette sal net n ligte brand kolletjie vertoon. Die
skroeimerke kan met n stomp voorwerp afgekrap word.
Baie belangrik om in ag te neem by die aankope van n wol tapyt, is dat die tapyt op n
gereelde basis moet gestofsuig word. Die “ Canister” of tenk modelle is nie geskik vir
effektiwiteit nie.Eenvoudige toetse kan op die mat gedoen word om die resultaat te
evalueer. Cannon Carpet Care kan die toetse doen, en die nodige aanbevelings maak.
Suiwer woltapyte is duidelik in n ander klas , maar dit beteken ook , net soos n goeie
duursame motor deur die regte agentskap gediens en versien moet word, so is dit
belangrik dat Woltapyte korrek skoongemaak word deur opgeleide persone.
CUCASA ( Carpet and Upholstery Cleaners Assosiation) en NIRFCA ( National
Industrial and Resilient Flooring and Carpeting Assosiation) is beheerliggame wat die
akkreditasie toestaan aan n Firma by wyse van n sertifikaat.
Cannon Carpet Care is sedert 2006 deur Nouwens Carpets aangewys as n
goedgekeurde Verskaffer en Installeerder van hul produkte in Pretoria Centurion en
Midrand asook as n kundige wat aanbeveel word die skoonmaak ,instandhouding van
alle Nouwens produkte.Ons is ook die voorkeur verskaffer van MasterGard vir die
Bidvest Groep.
Carpet Carehet n bewese rekord van aankope met van Dyck, Belgotex en Crosley.
Ons bedien ook die Kommersieele kant met ons uitgebreide dienspakket. Ons verskaf
ook egte hout, gelamineerde hout, viniel produkte, rubber/PVC teels en doen al ons
installasies onder gespesialiseerde toesig.